Job 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | aangesien dit verborge is vir die oë van al die lewendes en verborge gehou word van die voëls van die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is weggesteek. Geen lewende wese kan dit sien nie. Selfs die voëls in die lug kan dit nie bespeur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel. |
| Afrikaans 1983 | Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in die lug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is verborge vir die oë van alles wat leef, vir die voëls van die hemel is dit weggesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niks wat lewe, kan die wysheid sien nie, ook nie die voëls in die lug nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is weggesteek vir die mense van die aarde. Hulle kan dit net nie sien nie. Dit is selfs vir die voëls in die lug weggesteek. |