Job 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die topaas van Kus sal nie daaraan gelyk wees nie, en dit mag nie met suiwer goud gewaardeer word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Topaas uit Etiopië* kan nie daarvoor ingeruil word nie, want die waarde daarvan is meer as die suiwerste goud.
Afrikaans 1933/1953 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
Afrikaans 1983 Topaas uit Kus kom nie daarby in waarde nie, selfs met suiwer goud kan jy nie daarvoor betaal nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) •Topaas uit Kus kan nie daarmee vergelyk word nie, met suiwer goud kan nie daarvoor betaal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Topaas uit die land Kus of die skoonste goud sal nie genoeg wees nie, jy kan nie daarmee betaal vir wysheid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs nie topaas wat uit Etiopië kom, kan daarmee vergelyk word nie. Dit is onmoontlik om die waarde van wysheid met suiwer goud te probeer bepaal.