Job 27:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God verhoed dat ek jou regverdig sou maak; totdat ek sterwe, sal ek my onkreukbaarheid nie van my wegneem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom kan ek nooit erken dat julle reg is nie. Tot ek sterf, sal ek my onskuld verdedig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom kan ek nooit toegee dat julle reg het nie: tot my dood toe sal ek volhou dat ek onskuldig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle nooit gelyk gee nie! Totdat ek te sterwe kom, sal ek nie van my onberispelike optrede afsien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal nooit kan sê dat julle reg is nie, ek sal aanhou sê dat ek onskuldig is, so lank soos ek lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit kan julle weet, daar is nie ’n manier dat ek sal toegee dat julle reg is nie. So lank as wat ek leef, sal ek die feit verdedig dat ek onskuldig is. |