Job 27:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die ryk man sal gaan lê, maar hy word nie versamel nie; hy maak sy oë oop, en hy is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kwaaddoener gaan slaap in rykdom, maar sal dit nie behou nie. Hy ontwaak in armoede. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en -- is nie meer nie. |
| Afrikaans 1983 | Die goddelose gaan slaap as ryk man, maar hy doen dit nie weer nie: as hy sy oë oopmaak, is alles weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy gaan skatryk lê, maar hy sal dit nie weer kan doen nie; hy hou sy oë oop, maar hy is nie meer daar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is 'n ryk man wanneer hy gaan slaap, maar wanneer hy sy oë oopmaak, dan is alles weg, hy is nie meer ryk wanneer hy weer gaan slaap nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die kwaaddoeners gaan slaap nog in die aand as ryk mense. Maar as hulle opstaan, ontdek hulle dat al hulle rykdom verdwyn het. |