Job 27:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As sy kinders vermenigvuldig word, is dit vir die swaard, en sy nageslag sal nie versadig word van brood nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Al hulle baie kinders sal sterf in die oorlog of doodgaan van honger.
Afrikaans 1933/1953 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
Afrikaans 1983 Hoe baie hulle kinders ook al is, hulle is vir die swaard bestem, hulle nakomelinge sal altyd honger ly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As sy seuns vermeerder, is hulle vir die swaard bestem; sy nakomelinge sal nie versadig word met brood nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal miskien baie seuns kry, maar die seuns sal nooit genoeg kos hê om te eet nie en hulle sal in oorlog sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sal Hy hulle straf: as hulle baie kinders het, sal hierdie kinders óf in ’n oorlog óf van honger doodgaan.