Job 26:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy verbind die waters in sy digte wolke; en die wolk skeur nie onder hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy rol die reën op in dik wolke, maar as hulle swaar is, skeur hulle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur; |
| Afrikaans 1983 | Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat die waters in sy wolke saambind, sonder dat die wolkmassa daarvan oopskeur; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God maak die wolke vol reënwater, en die wolke bars nie van al die water nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy maak die reën toe in dik wolkkomberse sonder dat dit skeur, al is die reën ook hoe swaar. |