Job 26:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe het jy raad gegee aan hom wat geen wysheid het nie? en hoe het jy die ding oorvloedig verklaar soos dit is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe het julle my onnoselheid verlig! Hoeveel wyshede het julle kwytgeraak! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak! |
| Afrikaans 1983 | Het jy nou raad gegee aan een wat nie wysheid het nie? Het jy groot insig laat blyk? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe het jy nie raad gegee aan die onwyse, en vindingrykheid in oormaat geopenbaar nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Het jy probeer om vir my te sê wat ek moet doen omdat ek nie wysheid het nie? Jy het baie gepraat, soos iemand wat die ware wysheid het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe goed is jou raad nie vir iemand wat net mooi niks weet nie! Sjoe, jy wys dat jy sommer baie kennis het. |