Job 26:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, dit is dele van sy weë, maar hoe min word van hom gehoor? maar die donderslag van sy krag wie kan verstaan?
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is maar die kleinste van sy werke, ’n fluistering van sy krag wat ons hoor! Wie kan dan die grootheid van sy mag begryp?”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
Afrikaans 1983 Dit is maar die begin van sy dade, ons hoor net die gefluister van sy woorde. Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, dit is maar net die buitelyne van sy weë. Wat ons van Hom hoor, is maar 'n gefluisterde woord. Sy donderende krag – wie begryp dit?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie is net 'n paar van die dinge wat God gedoen het, Hy het nog baie meer gedoen. Ons weet min van Hom, niemand kan verstaan en weet wat God alles kan doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie dinge is maar ’n druppel in die emmer van wat Hy kan doen. Dit is maar net ’n gefluister oor sy krag. Wie sal die groot gedreun van sy mag kan verstaan?”