Job 25:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe kan die mens dan by God geregverdig word? of hoe kan hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe kan ’n sterfling voor God kom en eis dat hy regverdig is? Wie op aarde is rein?
Afrikaans 1933/1953 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
Afrikaans 1983 Hoe kan 'n mens reg hê voor God? Hoe kan iemand wat uit 'n vrou gebore is, onskuldig wees?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe kan 'n sterfling dan regverdig wees voor God? Hoe kan iemand uit 'n vrou gebore, rein wees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kan 'n mens regverdig wees voor God? Kan 'n mens onskuldig wees? Nee, hy kan nie onskuldig wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe kan ’n doodgewone mens voor God staan en sê dat hy altyd reg doen en sonder skuld is?