Job 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle ruk die wees uit die bors en neem 'n pand van die armes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weeskinders word weggeruk van die bors waaraan hulle drink. Die baba van die arme word as borg vir skuld geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle. |
| Afrikaans 1983 | Die weeskind word weggeruk van die bors waaraan hy drink, die armes word vir skuld verpand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vaderlose kind word van die bors weggeskeur; wat aan die magtelose is, word as pand geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense gryp die arm mense se kinders uit hulle ma’s se arms, hulle maak die arm mense se kinders hulle slawe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar is misdadigers wat ’n weduwee se suigelingbaba steel. Party ryk mense sal arm mense se kind vat omdat hulle in die skuld is by hulle. |