Job 24:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle maai elkeen sy koring in die land, en hulle samel die oes van die goddelose in. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle versamel veevoer op ’n ander se landerye en oes oorskiettrossies in die wingerde van die kwaaddoener. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes. |
| Afrikaans 1983 | Hulle oes veevoer op die land om dit self te eet, hulle soek oorskiettrossies in die wingerde van die goddeloses. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die veld maak hulle voer bymekaar; in die wingerde van goddeloses maak hulle die naoes bymekaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet gras bymekaarmaak om te eet, hulle moet die druiwe steel wat oorgebly het in die wingerde van die ryk mense, die mense wat verkeerd doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle tel koringare op ander mense se lande op wat reeds afgeoes is. Hulle pluk druiwe van ’n slegte mens se wingerd wat daar agtergebly het nadat die druiwe reeds afgeoes is. |