Job 24:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die moederskoot sal hom vergeet; die wurm sal hom soet voed; aan hom sal nie meer gedink word nie; en goddeloosheid sal verbreek word soos 'n boom.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs hulle ma’s vergeet van hulle. Hulle is kos vir die wurms. Niemand wil hulle onthou nie. Bose mense breek in stukke soos ’n boom in ’n storm.
Afrikaans 1933/1953 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout --
Afrikaans 1983 Sy eie ma vergeet hom, hy is kos vir die wurms, daar word nie meer aan hom gedink nie. Wie onreg doen, word soos 'n stuk hout gebreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag die moederskoot hulle vergeet; mag die maaiers hulle soet vind; mag hulle nie meer onthou word nie. Mag die onreg soos 'n stuk hout gebreek word –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sondaar se eie ma vergeet hom, die wurms hou daarvan om hom te vreet, niemand dink nog aan hom nie. Die mens wat slegte dinge doen, breek soos 'n stuk hout,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs sy eie ma sal van hom vergeet. Die wurms sal hom eet. Niemand sal hom eens meer onthou nie. So ’n slegte mens word soos ’n boom gebreek.