Job 24:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy is vinnig soos die waters; hulle deel is vervloek op die aarde; hy sien die weg van die wingerde nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar hulle sal van die aarde verdwyn, so vinnig soos skuim wat deur ’n rivier weggevoer word. Alles wat hulle besit, is vervloek sodat niemand meer in hulle wingerde kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.
Afrikaans 1983 “Maar hulle spoel vinnig weg op die water; wat hulle besit, staan onder 'n vloek, niemand werk meer in hulle wingerde nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mag hulle vinnig wegdryf op die water! Mag hulle erfdeel in die land in 'n vervloeking gebruik word; mag hulle nie in die rigting van die wingerde gaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hierdie slegte mense is soos dinge wat lig is en vinnig op die water wegdryf. God het hulle grond vervloek, niemand gaan werk in hulle wingerde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierdie slegte mense sal baie vinnig verdwyn. Dit sal wees asof hulle vinnig deur water weggespoel is. Hulle grond is verwens, dit sal nie vir hulle geluk bring nie. Niemand sal naby hulle wingerde wil kom nie.