Job 24:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die donker grawe hulle deur huise wat hulle bedags vir hulle gemerk het; hulle ken nie die lig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 In die nag breek hulle in by huise; in die dag slaap hulle. Hulle wil niks weet van die lig nie.
Afrikaans 1933/1953 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.
Afrikaans 1983 die dief breek by huise in as dit donker is, bedags kruip hy weg, hy wil niks met die lig te doen hê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle breek in die donker by huise in. Bedags sluit hulle hulleself toe, hulle ken die lig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Diewe wat inbreek, werk in die donker en hulle kruip weg in die dag, hulle wil nie die lig sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die nag breek hulle by huise in en in die dag kruip hulle weg. Hulle is nie vriende van die lig nie.