Job 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die moordenaar wat saam met die lig opstaan, maak die armes en behoeftiges dood, en in die nag is hy soos 'n dief. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moordenaars staan op voor dagbreek om die arme en behoeftige dood te maak. In die nag is hy ’n dief. |
| Afrikaans 1933/1953 | Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief. |
| Afrikaans 1983 | die moordenaar staan op net voor ligdag, hy vermoor die weerlose en die arme, in die nag steel hy; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen ligdag staan die moordenaar op; hy maak magteloses en behoeftiges dood, en snags is hy soos 'n dief. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die moordenaar staan op voordat dit lig word, en hy vermoor mense wat hulleself nie kan help nie, hy vermoor arm mense en hy steel wanneer dit nag is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die moordenaar gaan net voor dagbreek uit en maak arm en behoeftige mense dood. In die nag steel hy. |