Job 24:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle laat hom naak sonder klere gaan, en hulle neem die gerf van die hongeriges weg;
Afrikaans (NLV) 2011 Armes loop kaal, sonder klere. Hulle dra kos aan vir ander, terwyl hulle self honger ly.
Afrikaans 1933/1953 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.
Afrikaans 1983 Hulle loop kaal rond, sonder klere, hulle dra gerwe uit, maar ly honger,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Halfkaal loop hulle rond, sonder bokleed; honger, dra hulle gerwe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die arm mense loop kaal, hulle het nie klere nie, die arm mense bring die ryk mense se koring uit die land, maar hulle self bly honger.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie arm mense moet dan sonder klere loop en werk op die lande en dit terwyl hulle honger is.