Job 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat ek nie voor die duisternis uitgeroei is nie, en Hy het die duisternis nie van my aangesig bedek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Donkerheid is rondom my. Tog bly ek nie stil nie al het die duisternis my oorval.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar in hierdie donkerte het ek nie stilgebly nie, in hierdie duisternis wat my oorval het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, ek word nie stilgemaak deur die donker nie, deur die feit dat ek self deur diepe duisternis omhul word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want dit is nie die donker wat my laat stilbly nie, dit is Gód wat die donker oor my gebring het sodat ek nie weet wat om te doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles voel donker om my. Dit is of ’n digte donkerte my gesig wil toemaak. Maar al voel dit so, die donker sal dit nie regkry om my stil te maak nie.” |