Job 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het nie teruggedraai van die gebod van sy lippe nie; Ek het die woorde van sy mond meer geag as my nodige voedsel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het. Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.
Afrikaans 1933/1953 Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
Afrikaans 1983 Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opdrag van sy lippe – daaraan het ek my nie onttrek nie; in die vou van my kleed het ek die woorde uit sy mond in bewaring gehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gehoorsaam gebly aan alles wat Hy gesê het, ek het altyd onthou dat Hy besluit wat met my sal gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het sekere voorskrifte gegee wat ons moet navolg, en ek kom dit na. Ek vat sy woorde baie ernstig op.