Job 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want jy het verniet 'n pand van jou broer afgeneem en die naaktes van hulle klere uitgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Dalk het jy geld aan jou vriend geleen, en sy klere gehou as borg. Hy moes rondloop sonder klere.
Afrikaans 1933/1953 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
Afrikaans 1983 Sonder regverdiging het jy van jou eie familie goed in pand gevat, jy het die klere van dié wat niks het nie, van hulle afgestroop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, jy het sonder rede 'n pand geneem van jou volksgenote, die klere van halfnaaktes afgestroop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, jy het jou eie mense se klere gevat, ook toe hulle niks vir jou geskuld het nie, jy het arm mense kaal laat loop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het byvoorbeeld van jou broers verwag om van hulle goed by jou te verpand, maar jy gee niks in ruil terug nie. Jy het selfs so ver gegaan om mense sonder klere te los omdat jy hulle kaalgestroop het.