Job 22:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die mense neergewerp is, dan moet jy sê: Daar is opheffing; en hy sal die nederige red.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand val en jy vra dat God hulle optel, sal Hy hulle red.
Afrikaans 1933/1953 As die afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.
Afrikaans 1983 Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer mense iemand verneder, sal jy sê, ‘Dit is hoogmoed!’ Wie neergeslane oë het, verlos Hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer God mense onbelangrik laat word, en jy vra dat Hy hulle weer belangrik moet laat word, dan sal God dit doen, Hy red nederige mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As mense verneder word, sal jy sê: ‘Hou moed!’ Die Here help mense wat nederig is.