Job 22:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy goud weggooi soos stof en die goud van Ofir soos die klippe van die spruite. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Los jou sug na geld, en gooi jou kosbare skatte in die rivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. |
| Afrikaans 1983 | jou goud as nikswerd beskou, die goud uit Ofir as so min werd as 'n klip in die spruit, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gooi gouderts in die stof, goud van Ofir tussen die rotse van die spruite. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet onthou dat goud nie méér kosbaar is as stof nie, jy moet onthou dat die beste goud nie méér kosbaar is as die klippe in die rivier nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat jou goud in die stof verdwyn. Gooi jou fynste goud tussen die klippe in die rivierbedding in. |