Job 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak jouself nou bekend met hom en wees in vrede: daardeur sal die goeie oor jou kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. |
| Afrikaans 1983 | “Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As jy jou maar met Hom versoen, sal jy daardeur vrede hê; dan sal die goeie weer na jou toe kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Job, jy moet vrede maak met God, dan sal dit weer goed gaan met jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elifas het vir Job gesê: “Gee nou bes en raak nou rustig. Eers dan sal dit beter met jou begin gaan. |