Job 22:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kan 'n mens vir God nuttig wees, soos hy wat wys is, vir homself nuttig kan wees? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kan ’n mens se dade enige voordeel inhou vir God? Kan selfs ’n baie wyse mens Hom help? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens. |
| Afrikaans 1983 | “Kan 'n mens vir God tot nut wees? Nee, die verstandige is vir homself tot nut. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kan 'n man vir God van waarde wees? Ja, kan selfs iemand met insig vir Hom van waarde wees? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “God kan alles self doen, Hy het nie mense nodig nie, nee, Hy het ook nie slim mense nodig nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Mens kan nie juis iets doen wat vir God baie beteken nie, selfs nie al is jy baie verstandig nie. Maar as jy slim is, kan jy vir jouself nogal baie regkry. |