Job 22:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Hy het hulle huise met goeie dinge gevul, maar die raad van die goddelose is ver van My af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want hulle het vergeet dat Hy vir hulle huise gegee het vol goeie dinge. Ek wil niks te doen hê met hulle lewenswyse nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my! |
| Afrikaans 1983 | En dit terwyl dit Hý is wat hulle huise met rykdom vul! Daarom bly ek weg van die raad wat van goddeloses af kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en dit terwyl Hy die Een is wat hulle huise gevul het met die goeie? Maar die planne van goddeloses is ver van my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het dit gesê vir Hom wat hulle ryk gemaak het. Die mense wat verkeerd doen, dink nie soos ek dink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek stem nie met hierdie slegte mense saam nie. Hulle het vergeet dat dit Hy is wat vir hulle al die goeie goed gegee het wat in hulle huise is. |