Job 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dik wolke is vir hom 'n bedekking wat hy nie sien nie; en hy wandel in die kring van die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want dik wolke omhul Hom. Hy kan ons nie sien nie. Hy loop daar bo in die hemel rond.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy. |
| Afrikaans 1983 | Daar is wolke rondom Hom, Hy kan nie sien terwyl Hy daar bo in die hemelgewelf wandel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wolke omhul Hom; Hy sien nie terwyl Hy bo die hemelkoepel rondwandel nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy dink dat die wolke Hom toemaak sodat Hy nie kan sien nie, jy dink dat Hy bokant die hemeldak loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die digte wolke maak alles toe. Hy loop doer ver op die horison van die hemel rond. Dit is onmoontlik vir Hom om ons van daar af te kan sien.’” |