Job 21:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe troos julle my dan tevergeefs, aangesien daar in julle antwoorde valsheid oorbly? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoe kan julle my vertroos met leë woorde? Al julle redenasies is vals!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor! |
| Afrikaans 1983 | Hoe kan julle my dan met sinlose praatjies probeer troos? Julle argumente is niks anders as bedrog nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kan julle my troos met nietigheid? Julle antwoorde kom uiteindelik neer op ontrou!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, julle probeer om my te troos met wind, julle is vals wanneer julle hierdie dinge vir my sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al julle troos is net mooi niks werd nie. Al julle argumente is ’n spul leuens!” |