Job 21:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die kluite van die dal sal vir hom soet wees, en elkeen sal agter hom aan trek, soos daar ontelbare voor hom is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al wat leef, kom na hulle begrafnis om respek te betoon terwyl hulle rustig lê onder die grond. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. |
| Afrikaans 1983 | Die kluite van die graf pla hom nie. Alle mense volg hom daarheen, en voor hom is mense sonder tal daarnatoe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kluite van die skag is vir hom soet. Alle mense sal hom volg, en dié wat hom voorafgegaan het, is ontelbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy kry 'n mooi graf in die vallei, en baie mense loop saam, hulle loop voor en agter sy lyk, hulle is so baie mense dat niemand hulle kan tel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie mense is deel van die begrafnisstoet. Party loop voor en ander mense loop weer agter. Selfs die grond ontvang hulle vriendelik. |