Job 21:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie sal sy weg in sy aangesig vertel? en wie sal hom vergeld wat hy gedoen het?
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand wys hulle openlik tereg nie. Niemand vergeld hulle vir hulle wandade nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld?
Afrikaans 1983 Wie spreek hom in sy gesig aan oor sy slegte gedrag, wie vergeld hom vir wat hy gedoen het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sal hom sy optrede openlik verwyt? En wat hy aangevang het – wie gaan hom daarvoor vergeld?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand sê vir die slegte mens dat hy verkeerd gedoen het nie, niemand straf hom oor sy sondes nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand sê ook sommer reguit vir hulle dat hulle verkeerd gedoen het nie. Niemand betaal hulle ook terug vir wat hulle gedoen het nie.