Job 21:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God bewaar sy ongeregtigheid vir sy kinders; Hy vergeld hom, en hy sal dit weet.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Ja,’ sê jy, ‘God sal dan hulle kinders straf!’ Ek meen God behoort dié wat sondig, te straf, en nie hulle kinders nie. Laat húlle self die straf uitdien!
Afrikaans 1933/1953 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
Afrikaans 1983 Spaar God dan sy rampe op vir die goddelose se kinders? God moet hom tog straf dat hy dit self weet!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sê, ‘God spaar sy onheil vir iemand se kinders.’ Hy moet dit liewer aan die persoon self vergeld, sodat hy dit beleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê God straf die kinders van die mense wat verkeerd doen. Maar ek sê Hy moet die óúers self straf, húlle moet dit self voel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle sê dat God die kinders straf vir die dinge wat hulle ouers verkeerd gedoen het. Maar God behoort die mense te straf wat die verkeerde dinge gedoen het. Hulle moet self die straf voel, nie hulle kinders nie.