Job 21:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe dikwels word die kers van die goddelose uitgedoof! en hoe dikwels kom hulle vernietiging oor hulle! God versprei smarte in sy toorn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die lewenslig van die goddelose word egter nooit gedoof nie. Hulle kry selde swaar. As God oordeel uitdeel, gaan Hy by hulle verby. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, |
| Afrikaans 1983 | Hoe dikwels word die lewenslamp van die goddeloses uitgedoof, kom 'n ramp oor hulle, laat God in sy toorn onheil oor hulle kom? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe dikwels word die lamp van goddeloses uitgedoof en oorval teenspoed hulle, die verwoesting wat Hy in sy toorn uitdeel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Blaas God die lamp dood van die mense wat verkeerd doen? Nee! Laat Hy dit sleg gaan met hulle? Word Hy kwaad vir hulle en straf Hy hulle? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job het nog verder gesê: “Die slegte mense het al hoeveel keer rampe oorleef. Hulle is selde in die moeilikheid of kry selde wat hulle verdien as God in sy woede straf uitdeel. |