Job 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy sal vir ewig soos sy eie mis omkom; die wat hom gesien het, sal sê: Waar is hy? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | tog vergaan hy vir altyd, weggegooi soos sy eie uitwerpsel. Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? |
| Afrikaans 1983 | sal hy soos sy eie uitwerpsel vir altyd vergaan. Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos sy eie ontlasting gaan hy vir altyd tot niet; dié wat hom gesien het, sal vra, ‘Waar is hy?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hy sal so vinnig verdwyn soos sy mis. Mense wat hom voorheen gesien het, sal vra: ‘Waar is hy?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal daar op die ou einde tog niks van hom oorbly nie. Hy sal soos sy eie ontlasting net verdwyn. Mense wat hom ken, sal vra: “Wat het van hom geword?” |