Job 20:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit word getrek en gaan uit die liggaam uit; ja, die glinsterende swaard kom uit sy gal; verskrikkinge is oor hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hy die pyl trek uit sy rug en die glansende punt uit sy gal, word hy oorval deur die verskrikking van die dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hy dit uit sy rug uit trek, die glansende punt uit sy gal, oorval die doodsvrees hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy trek dit uit; en kom dit uit sy rug uit, blink dit van sy gal. Skrikbeelde oorval hom dan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hy die pyl uittrek uit sy rug, die blink punt van die pyl wat deur sy gal gegaan het, dan sal hy bang wees, want hy sal weet dat hy sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die pyl sal deur sy lyf gaan en in sy ingewande vassteek. As hulle die pyl uittrek, sal ’n doodsvrees hom skielik oorval. |