Job 20:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer hy op die punt staan om sy buik vol te maak, sal God die grimmigheid van sy toorn op hom werp en dit op hom laat reën terwyl hy eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hy versadig is, oorval God se oordeel hom. God laat sy straf op hom neerdaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hy hom nog so vol eet, laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek, oorval God hom met oorlog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om sy maag vol te maak, stuur God sy brandende toorn teen hom, Hy laat dit op hom neerreën, op sy liggaam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal iets anders moet eet en hy sal vol word daarvan. God sal kwaad word en God sal hom straf, dít sal die kos wees wat daardie mens moet eet. Die slegte dinge sal op hom val soos reën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal nog so sy maag vol eet, dan tref God se vreeslike woede hom. Sy woede sal soos reën op hom val. |