Job 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die volheid van sy genoegsaamheid sal hy benoud wees: elke hand van die goddelose kom oor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Te midde van oorvloed tref moeilikheid hom, en hy word deur rampe verwoes.
Afrikaans 1933/1953 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
Afrikaans 1983 Met sy oorvloed en al tref 'n ramp hom, kom die swaarkry met volle krag op hom af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ten spyte van al sy oorvloed raak hy in die noute; die volle krag van teenspoed kom op hom af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het baie goed, meer as wat hy nodig het, maar dit sal skielik sleg gaan met hom, hy sal baie swaar kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hy sal nog so in weelde leef en sy rykdom geniet, dan tref die ongeluk hom. Ellendes sal hom tref soos hy nie gedink het dit kan nie.