Job 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat Hy die armes verdruk en verlaat het; omdat hy 'n huis wat hy nie gebou het nie, met geweld weggeneem het;
Afrikaans (NLV) 2011 Want hy het die armes verdruk en hulle verwaarloos. Hy vat vir hom huise wat hy nie gebou het nie.
Afrikaans 1933/1953 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
Afrikaans 1983 Hy verdruk mos die armes en los hulle net so, hy vat sommer vir hom 'n huis, hy bou dit nie self nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hy armes mishandel het, hulle in die steek gelaat het; op huise wat hy nie gebou het nie, het hy beslag gelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want hy het op arm mense getrap en hy het hulle nie gehelp nie. Hy het huise vir homself gevat wat ander mense gebou het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die arm mense uitgebuit en hulle in hulle ellende gelos. Hy het ander mense se huise wat hy nie gebou het nie, afgevat.