Job 20:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat hy voor gewerk het, sal hy teruggee en dit nie insluk nie; volgens sy goed sal die vergoeding wees, en hy sal hom nie daarin verheug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy harde werk word nie beloon nie. Sy rykdom bring hom geen vreugde nie.
Afrikaans 1933/1953 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
Afrikaans 1983 Wat hy met moeite verwerf het, moet hy teruggee, hy kan dit nie geniet nie, hy sal hom nie verlustig aan die weelde wat hy deur sy besigheid verkry het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat moeisaam verwerf is, gee hy telkens terug; hy sluk dit nie in nie. Sy handelswins sal hy nie geniet nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal alles moet teruggee wat hy gekry het toe hy gewerk het, hy sal dit nie kan gebruik nie. Hy sal koop en verkoop en ryk word, maar hy sal dit nie geniet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal nie vir sy harde werk betaal word nie. Sy rykdom sal hom ook nie bly maak nie.