Job 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het rykdom verslind, en hy sal dit weer uitspuug; God sal dit uit sy buik uitwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Die rykdom wat hy verorber het, sal hy alles uitbraak. God sal hom dit nie laat behou nie.
Afrikaans 1933/1953 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
Afrikaans 1983 Die ryk kos wat hy verslind het, gaan hy opgooi; God sal hom dit laat opbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die rykdom wat hy ingesluk het, sal hy opgooi; God sal dit uit sy maag dryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het baie goed bymekaargemaak, maar hy sal dit verloor soos kos wat 'n mens opbring wanneer hy naar is. God sal dit met hom laat gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal die rykdom wat hy ingesluk het, weer uitbraak. God sal dit uit sy maag laat uitkom.