Job 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weet nou dat God my omgekeer het en my met sy net omsingel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar dit is God wat kwaad aan my doen, want ek is soos ’n beleërde stad. |
| Afrikaans 1933/1953 | weet dan dat God my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het. |
| Afrikaans 1983 | weet dan dat dit God is wat my die onreg aandoen en my in sy net gevange hou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | besef dan dat dit God is wat my te na gekom het, en dat dit sy net is wat Hy om my gespan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar julle moet weet dat dit God is wat my laat swaarkry. Hy het my in sy vangnet gevang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit is God wat my nie reg behandel nie. Dit is Hy wat my in hierdie omstandighede vasgevang hou. |