Job 19:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My been kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het met die vel van my tande ontsnap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is nog net vel en been. Ek het die dood net-net vrygespring. |
| Afrikaans 1933/1953 | My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. |
| Afrikaans 1983 | Ek is net vel en been, al my tande het uitgeval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is net vel en been, en ek gaan net my tandvleise oorhou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is baie maer, ek is net vel en been, ek lewe nog, maar my lewe beteken niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is nou net vel en been. Ek leef amper nie eers meer nie.” |