Job 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy verskeur homself in sy toorn: sal die aarde vir jou verlaat word? en sal die rots uit sy plek verwyder word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy pluk jou hare uit in woede. Dink jy die aarde sal tot niet gaan ter wille van jou, en ’n rots van die kranse afval? |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn -- sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word? |
| Afrikaans 1983 | Jy is soos iemand wat homself in sy woede verskeur. Moet alle mense van die wêreld af verdwyn om jou tevrede te stel? Moet die rotse uit hulle plek losgeruk word? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy, 'n mens wat homself verskeur in sy toorn – moet die aarde ter wille van jou verlate lê, rotse uit hulle plek verskuif word? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Job, jy is so kwaad dat jy jouself wil stukkend skeur. Moet al die mense op die aarde verdwyn? Moet 'n rots wegskuif uit sy plek sodat jy tevrede kan wees? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy maak jouself vreeslik seer omdat jy kwaad is. Maar sê my, moet al die mense van die aarde padgee ter wille van jou? Moet ’n rots ter wille van jou uit sy plek geskuif word?” |