Job 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy mag geen seun of broerskind onder sy volk hê nie, en ook geen oorblyfsel in sy wonings nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Geen kind of kleinkind, of enige naasbestaande, sal in hulle land oorleef nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
Afrikaans 1983 Hy sal geen kind of nakomeling onder sy mense hê nie, en daar sal niemand in sy woonplek oorbly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geen kind of nageslag by sy mense nie, geeneen wat oorbly in sy blyplekke nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal nie 'n nageslag hê nie, niemand sal aanhou lewe waar hy gewoon het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal nie kinders of kleinkinders hê nie. Niemand sal oorleef om in hulle land agter te bly nie.