Job 18:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal die sterkte van sy vel verteer; selfs die eersgeborene van die dood sal sy krag opeet.
Afrikaans (NLV) 2011 Siekte vreet aan sy vel. Die ergste dood verorber sy bene.
Afrikaans 1933/1953 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
Afrikaans 1983 'n Dodelike siekte sal sy vel wegvreet en sy liggaamsdele verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit verteer sy vel broksgewys; hierdie eersgeborene van die dood verteer hom broksgewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Siekte vreet sy vel weg, sy vingers, sy arms, sy tone en sy bene sterf en val af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is siektes wat hulle vel laat wegkrimp. Die dood eet hulle ledemate weg.