Job 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verskrikkinge sal hom van alle kante verskrik en hom op sy voete dryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Gevaar omring die kwaaddoener en elke tree is gevaarlik.
Afrikaans 1933/1953 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
Afrikaans 1983 Hy word van alle kante af met gevaar bedreig, dit volg hom net waar hy gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van alle kante af maak verskrikkinge hom beangs, dit sit op sy hakke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is baie dinge wat hom laat skrik, dinge wat hom na al die kante toe jaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral om hulle is daar gevare wat hulle bangmaak en hulle wil oorval.