Job 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U het hulle hart vir verstand verberg; daarom moet U hulle nie verhef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U sluit hulle verstand vir begrip. Laat hulle nie triomfeer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. |
| Afrikaans 1983 | U het die verstand van my vriende vir rede gesluit, moenie dat hulle seëvier nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het immers hulle harte van insig weerhou; daarom sal U hulle nie na die hoogte neem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U keer sodat my vriende nie kan verstaan nie, daarom moet U hulle nie laat wen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het gemaak dat my vriende nie kan verstaan wat aangaan nie. Ek vra mooi, moenie dat hulle wen nie. |