Job 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle almal, keer terug en kom nou, want ek kan nie een wyse man onder julle vind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom probeer julle nou maar weer! Ek kon nie ’n enkele mens met insig onder julle kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie. |
| Afrikaans 1983 | Al kom julle almal elke keer weer terug, kry ek nie een onder julle wat verstandig is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle kan almal maar aanhou terugkom. Ek sal niemand onder julle vind wat wys is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle kan almal weer probeer om die regte dinge te sê, maar ek sal nie wysheid kry by julle nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job het ook vir hulle gesê: “Julle kan gerus almal weer terugkom en voor my kom staan, maar ek is oortuig dat ek nie een verstandige mens onder julle sal kry nie. |