Job 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My asem is korrup, my dae is uitgesterf, die grafte is gereed vir my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My gees is gebreek, my dae word kort. Die graf wag vir my. |
| Afrikaans 1933/1953 | My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my. |
| Afrikaans 1983 | “Ek is gedaan, my tyd is verby, net die graf bly vir my oor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “My gees is neerslagtig, my dae is uitgedoof; die graf wag op my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is naby die dood, my lewe is verby, die graf wag vir my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job het gesê: “Ek is moedeloos, my lewe is verby. Die dood wag vir my. |