Job 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy het my met plooie gevul, wat 'n getuie teen my is, en my maerheid wat in my opkom, getuig van my aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011 U het my krag verminder as bewys van my sonde. U het my vel en been gemaak en dit getuig teen my.
Afrikaans 1933/1953 En U het my gegryp -- 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
Afrikaans 1983 Hy het my beetgepak, en dít dien as getuienis teen my; my vervalle toestand staan op en getuig teen my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het my vasgegryp – dit dien as getuienis; die leuen oor my staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het my gegryp, en dit bewys dat U dink ek is skuldig. Ek is maer en baie swak, en mense sal dink dat ek skuldig is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Noudat Hy met my klaar is, is ek net vel en been. Mense dink my toestand is ’n bewys dat ek skuldig moet wees.