Job 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sou ook kon praat soos julle: as julle siel in my siel se plek was, sou ek woorde teen julle kon ophoop en my kop oor julle skud.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sou dieselfde as julle kon sê as julle in my plek was. Ek kon ook my kritiek oor julle giet en my kop vir julle skud.
Afrikaans 1933/1953 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
Afrikaans 1983 Ek sou ook soos julle kon praat as julle sou ly wat ek te ly het. Dan kon ek medelye met julle betoon en my kop meewarig oor julle skud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook ek sou soos julle kon praat as julle in my plek was. Ek sou woorde aanmekaar kon ryg teen julle, my kop oor julle meewarig skud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As dit met julle gegaan het soos met my, dan kon ek ook soos julle praat. Ek kon dan dinge sê oor julle en ek kon my tong uitsteek vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sou vir julle dieselfde antwoorde kon gee as julle in my plek was. Ek sou julle ook kon kritiseer en die kop oor julle skud.