Job 16:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy boogskutters omsingel my, Hy kloof my niere uitmekaar en spaar nie; Hy gooi my gal op die grond uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy boogskutters omring my en sy pyle deurboor my sonder genade. Die grond is deurweek met my bloed.
Afrikaans 1933/1953 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
Afrikaans 1983 sy pyle tref my hele liggaam, meedoënloos deurboor Hy my niere en my gal loop uit op die grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sy pyle vlieg rondom my, sonder genade deurboor Hy my niere, Hy stort my gal op die grond uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy pyle vlieg na my toe, dit sny my niere stukkend, Hy hou aan om my gal op die grond uit te gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was of sy pyle oral by my verbygevlieg het. Die pyle het my niere deurboor en my gal het op die grond uitgeloop. Hy het niks vir my gevoel nie.