Job 15:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle word swanger met onheil en bring nietigheid voort, en hulle buik berei bedrog voor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle bedink moeilikheid en kwaad. Hulle harte bring bedrog voort.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.
Afrikaans 1983 Dit is hulle wat swanger is van die kwaad, wat onreg voortbring en aan bedrog die lewe skenk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is swanger van teenspoed, en gee geboorte aan onreg, hulle skoot berei bedrog voor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die mense wat aanhou om te dink watter slegte dinge hulle kan doen, die mense wat verkeerd doen en wat ander mense bedrieg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense beplan altyd om kwaad te doen. Hulle wag net vir ’n kans om ander mense te kan bedrieg.” As Job soos hulle is, sal dieselfde met hom gebeur.